LitNet Akademies Weerdink: Verklarings vir die bedanking van Mmusi Maimane en ander prominente leiersfigure uit die DA

“Gegewe die gebreke eie aan die kapitalistiese model in die bekamping van ongelykheid, sowel as die bestaan van alternatiewe ekonomiese modelle wat wel ongelykheid, armoede en werkloosheid kan teenwerk en bekamp, was dit onafwendbaar dat skerp ideologiese verskille tussen Maimane en etlike ander leiers in die DA sou ontstaan.”