LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg

“In die digkuns word daar vry algemeen na ’n geslaagde gedig of bundel verwys as ’n ‘deurgekomponeerde’ werk … Sodanige beskrywing is net so van toepassing op Zirk van den Berg se Tweegevreet, want géén aspek van hierdie teks staan verwyderd van die sentrale vraag na betekenis (verklaring) en die ‘ware’ aard van die mens wat tegelyk brutaal én weerloos kan wees nie.”