LitNet Akademies-NALN aanlyn katalogus: ’n onderhoud met Burgert Senekal

Of jy ’n leeskringlid, akademiese navorser, joernalis of leerder is, kan jy NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) nou via LitNet bereik. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor ’n spesifieke skrywer, kan jy nou die LitNet Akademies-NALN-katalogus van meer as 38 000 papier- en digitale tekste aanlyn besoek. Hierdie katalogus strek so ver terug as 1973, NALN se stigtingsjaar, en lê as subdomein op LitNet se hoofraam.