Literêre pryse in Afrikaans: ’n geskiedenis besaai met distels en dorings

“In ons land, waar boekverkope dikwels beperk is (veral as dit by digbundels en dramatekste kom), verskaf literêre pryse in baie gevalle ’n groter finansiële beloning as die tantième wat skrywers uit verkope kry.” – Marni Bonthuys en Ronel Foster gesels met Melt Myburgh oor die omstrede geskiedenis van literêre pryse in Afrikaans.