Literêre kartering van plek: ’n geokritiese ondersoek na materiële verbeelding en ingeplaaste skryf in twee “Tuinverse”

“Die nuwe verwantskappe en interaksies tussen menslike liggaam (digter, leser) en niemenslike liggaam (boom, bankie, klip, tuin) word tot stand gebring deur ’n veelvuldige en gedifferensieerde wordingsproses waardeur werklikheid voortdurend geskep word, nie net deur die digter nie, maar ook deur die leesprosesse.”