Lewenswetenskappe: Liewenheersbesie – of ’n monstertjie?

“Die klein kruipertjies lyk voorwaar of hulle uit ’n bangmaakstorie kom. Orals oor hulle lyfies is stekelrige uitgroeisels. ’n Lang dik stert laat hulle so ’n bietjie soos ’n dinosourus lyk, en met ses bene beweeg hulle plat op hulle mae rond.”