Lank lewe Madibaland@Bookbedonnerd!

“Darryl is die geliefde gesig van die fees wat dit jaar ná jaar meer met idees, improvisasie en liefde as met geld deurvoer. Enigiemand wat al ’n Bookbedonnerd meegemaak het, weet alles verloop nie altyd volgens plan nie, maar jy word altyd verras en verhef. Vanjaar se 16de Bookbedonnerd van 1 tot 4 November was geen uitsondering nie.”