Landmyn by Silwerskermfees 2026: ’n onderhoud met Nico Scheepers

“Landmyn gaan nie oor hoe ons wil wees nie, maar hoe ons is. Mense is komplekse, deurmekaar gedaantes wat net soveel seermaak as wat ons genees. Veral met onsself en met dié wat naaste aan ons moet wees: ons familie.”