Laatwerk en identiteit in die poësie van Breyten Breytenbach: ’n korpusondersoek

“Hierdie artikel spruit uit die navorsing wat onderneem is vir ’n omvattende ondersoek wat Breyten Breytenbach se volle Afrikaanse poëtiese oeuvre verdeel het in vier tydperke wat met mekaar vergelyk is ten einde vas te stel of tekens van laatwerk opgemerk kan word en, indien wel, as watter soort laatwerk dit getipeer kan word.”