Laat dit riel!

“Op Saterdag 2 Desember 2017 het daar ’n deeglike stofwolk oor die Paarl gehang. Dit was nie die wind se skuld nie, dit was die trappers van die riel wat so gemaak het tydens die finaal van ATKV-Rieldans.”