Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?
Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende “lening” ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed