kykNET Silwerskermfees 2018: Wenners aangekondig

“Die wenners van die agste kykNET Silwerskermfees is tydens ’n toekenningsgeleentheid in Kampsbaai aangewys. Die fees poog om elke jaar gevestigde rolspelers en jong opkomende filmmakers byeen te bring en ’n geleentheid te skep waar kennis gedeel en nuwe geleenthede geskep kan word.”