Kunsmatige-intelligensie-Jesus-kletsbotte se uitdaging vir teologie: ’n verkennende studie

“’n Teologiese uitdaging wat KI skep en wat nog nie aangespreek is nie, is die bekendstelling van verskeie ‘Jesus-kletsbotte’, soos AI Jesus en Virtual Jesus. Die teologiese uitdaging wat hierdie kletsbotte bied, is uniek en waarskynlik die belangrikste KI-verwante kwessie vir teologie: Hulle boots nie ’n mens na nie, maar vir God.”