Korona-kortverhaalfees: Rika Cloete oor "’n Kwessie van geloof"

“In 2005 het ek ’n DLitt et Phil in Duitse Letterkunde aan die Universiteit van Johannesburg verwerf. Dit was ’n natuurlike uitvloeisel van my destydse beroep as lektor, maar ek moet beken dat ek meer tuis voel as woordkunstenaar.”