Koningskos uit ’n knoetserige ou knol – patat-en-tiemie-sop

“Die lekkerste lekker vir my is die patat so in sy skil in die oond gebak. Ek eet hom net so uit die skil uit – daardie aardse lekkerte het niks nodig nie, net ’n bietjie geduld met die afkoelslag.”