Kompoun deur Ronelda Kamfer: ’n leeskringbespreking

“Xavie het gelyk. In die taal van Kompoun het vroue wat stilweg ly, ’n stem gekry; ontwortelde mense het, deur die vertel van hul storie, ’n nuwe betekenis ontvang, en hul taalgebruik ’n vars erkenning. Met haar debuutroman het Ronelda Kamfer die Afrikaanse prosa verryk en verruim.”