"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019

“Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar,” sê Alexa Strachan, Hoof Uitvoerende Beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.