Kollig op akademikus Christa van Staden: Onderrig, tegnologie en netwerke

In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. In hierdie video gesels Christa van Staden oor onder meer haar belangstelling in praktykgerigte navorsing, die gebruik van tegnologie om leer te bevorder en sosiale-netwerk-analise.