Kollig op akademikus Asambese Mkumatela: meertaligheid in Suid-Afrika

Afrikaans is Asambese Mkumatela (US-Taalsentrum) se derde taal. Sy vertel meer oor onder andere haar ervarings as student by die Universiteit Stellenbosch en meertaligheid in Suid-Afrika. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is.