KKNK 2026: Eugène Marais se siel in musiekteaterproduksie ontbloot

“Ter voorbereiding het ek in die literatuur self geklim – dit wat Marais só beroemd gemaak het. Daar is iets so verfynd, maar tog so gebroke en melancholies omtrent sy werk. Ons is gelukkig om die gedigte en sy ander literêre werke as ’n portaal na die gedagtes van Marais te hê.”