KI laat die skeidslyn tussen taal en wiskunde vervaag

“Die debat tussen voorstanders en kritici van KI sal waarskynlik nog lank voortduur, maar een ding is reeds duidelik: Die grens tussen taal en wiskunde is nie meer ondeurdringbaar nie. Uit die skynbaar betekenislose opeenvolging van 0’e en 1’e ontstaan sinne, verhale en denke. Die masjien wat gebou is om te tel, het begin praat. En in daardie stem hoor ons nie net die krag van berekening nie, maar ook iets van onsself.”