Kalender: Suidoosterfees 2021 ‒ Die leuen van 1652

Die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gesprekke word vanjaar van 27 April tot 1 Mei in die Kunstekaap aangebied. Patric Tariq Mellet se The Lie of 1652: A decolonized history of land het onlangs opslae in die media gemaak. In dié omstrede boek lewer Mellet skerp kritiek teen die koloniale geskiedenis. Hy plaas op 27 April om 10:00 die fokus op grondonteiening, die verwoesting van lewens en die brutaliteit van slawerny in Suid-Afrika.