Jou grendeltyd: Elke dag ’n Sondag sonder die Bybel …

“Dis in dié tyd dat ek na my ouma Bekker se kennis en wysheid verlang. Sy’t groot donkertes in haar leeftyd deurmaak en tog altyd daarin geslaag om haar wese met geesdrif te omarm: die Anglo-Boereoorlog, konsentrasiekampgruwels by Volksrust, die 1914-Rebellie, 1918 se Spaanse griep en die verlammende Groot Depressie van die jare dertig, om maar ’n paar te noem.”