Die Universiteit Stellenbosch se keuses in die 1990’s: in reaksie op Johann Rossouw

“As rektor van die Universiteit Stellenbosch van 1992 tot einde 2001 kan ek darem nie Johann Rossouw se verwronge weergawe van die US se strategiese keuses aan die einde van die ou staatkundige bedeling en die begin van die nuwe bedeling ná 1994 soos vervat in sy onlangse rubriek onbetwis so laat staan nie.”