Joernalistieke pogings tot vrede deur geregtigheid

“In die lig van werk oor ‘vredesjoernalistiek’ word die vraag hier gevra of die joernalistiek van Schalk Pienaar (Die Beeld), Willem de Klerk (Die Transvaler en Rapport), Frits Gaum (Die Kerkbode), Doret Jansen (Wes-Transvaal Rekord) en Max du Preez (Vrye Weekblad) nie in ’n mindere of meerdere mate ’n konfronterende (‘adversarial’) joernalistiek verteenwoordig het wat juis ook geregtigheid en vrede gedien het nie.”