Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

“Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word.”