Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2020

Hierdie beurs, befonds deur ʼn ruim bemaking van wyle Marjorie Wallace, wil  hoofsaaklik ʼn belowende of gevestigde skrywer in staat stel om vir ʼn jaar lank te fokus op  ʼn projek in skeppende skryfwerk in Afrikaans. Die skryfprojek moet op publikasie gerig wees.