Jan Alleman vs ChatGPT: Kan KI uit regswerk gehou word?

“[D]ie land se regspraktisyns wou hulself slap lag oor die nuus dat ’n litigant oënskynlik met ChatGPT-geskrewe hofstukke voor ’n hooggeregshofregter opgedaag het en gedink het hulle kan daarmee wegkom. Hierdie kollektiewe leedvermaak verklap wel iets van die eksistensiële krisis waarmee die globale witboordjiewerkskorps die laaste twee jaar worstel.”