Jakes Gerwel-herdenkingsviering: Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel

Op Saterdag 10 November het die Jakes Gerwel-herdenkingsviering in Greatmore-straat 66, Kaapstad plaasgevind. Paneelbesprekings, voordragte en opvoerings het van die oggend tot die aand in ’n feestelike atmosfeer plaasgevind. Menán van Heerden gee ’n oorsig van een van die diskoersgesprekke, “Die rol en verantwoordelikheid van die intellektueel” (met Hein Willemse, Mercy Kannemeyer en Imraan Coovadia). Die fasiliteerder van hierdie paneelbespreking was Heindrich Wyngaard.