Jakes Gerwel-gesprek (Suidoosterfees 2025): Afrika op die globale verhoog – met wie speel ons?

Mandira Bagwandeen en Siphamandla Zondi het by die pas afgelope Suidoosterfees gesels oor Suid-Afrika se internasionale beleid, sy rol in BRICS, en die breër vraag van Afrika se strategiese vennootskappe in ’n vinnig veranderende geopolitieke landskap. Die gesprek, wat die gehoor laat nadink het oor Suid-Afrika se globale posisie, het temas ingesluit uit Zondi se werk in boeke soos Africa’s strategic partnerships with BRICS and other emerging countries. Jean Oosthuizen gee ’n oorsig van hierdie Jakes Gerwel-gesprek.