Jakes Gerwel: die wording van ’n legende

“‘In honour of a legend,’ lui die uitnodiging na ’n besonderse geleentheid wat hierdie week by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou word. Hiertydens sal die universiteit se Hoofsaal hernoem word na ’n eertydse visekanselier en rektor, prof Jakes Gerwel, wat ’n mens onwillekeurig laat wonder hoe ‘Prof’ op dié eerbewys sou gereageer het.”