Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?

“In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat).”