Is daar hoop vir ’n vreedsame oplossing in die Israel-Hamas-konflik?

“Die oorgrote meerderheid van die mense wat nou in die Gaza-strook vasgevang is, is nie Hamas-lede nie. Daar is dokters, verpleegsters, onderwysers, joernaliste, vrugteverkopers, huisvroue. Gewone mense. Natuurlik is daar lede van Hamas ook, maar hoe skei mens in ’n stedelike gebied vegter van onskuldige burger? Niemand kan nie, en dit lyk ook nie asof die Israeli-weermag met hul Amerikaanse ondersteuners belangstel om dit te doen nie.”