Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.