In memoriam: Kemp Jurgen Kemp

“In die laaste jare het hy veral bekend geword as die beleërde oudpresident Zuma se advokaat en in mindere mate vir sy verdediging van die skoolhoof Deon Scheepers van Grey-kollege. In die hof was Kemp ’n regsman wat ’n stormram genoem sou kon word, ’n bulhond wat nie laat los as hy eers vasgebyt het nie.”