In die sop op kykNET: ’n onderhoud met Maryke Roberts

“Die proses is ’n baie emosionele ervaring vir restauranteienaars, en dis goed om ’n skouer te hê waarop hulle kan huil. Om te erken jou besigheid is in die sop, is baie moeiliker as wat die meeste mense besef, en om dit boonop op nasionale televisie te doen, nog meer uitdagend.”