In die kerk met Karen Zoid

“En dit is hier waar ek voel dat Zoid iets magies vermag – in die gehoor is daar Christene, niegelowiges, Engelssprekendes, Afrikaners, queer mense, straight mense, jonk, oud, en als tussenin. Almal saam in hierdie ruimte wat vir soveel mense, insluitend myself, redelik moeilik kan wees.”