Hoe lyk R62 miljoen in cash, Uncle Cyril?

“Maa ek moet admit, Uncle, ek is nogals jaloers. Nie net oo die gel nie,  maa oo die storie. I mean, Uncle, ek skryf crime fiction. Maa spies en kidnappings en torture en heists wat inside jobs is, daai is mos higher grade fiction. As ek met soe ’n storie by my editor aankom sal sy vi my sê issie believable lat ’n hele president soe iets sal lat gebeu nie.”