Hoe kan daar nie meer ’n C Johan Bakkes wees nie? Groetwoorde deur Gerrit Rautenbach
“Ek was reeds op Terrace se stoep toe die deurgereisde viertrek in die gerieflike oop parkeerplek stop. Die deur kraak oop. ’n Jong man wat goeie myle op het, loop stoep toe. ’n Bol wille donker hare en rooi baard wip saam. Sy regterarm is bespikkel met bangles, van pols tot omtrent by sy elmboog. Later geleer elkeen het ’n lang storie, ’n heenkome. Hy het nie curios gedra nie, maar herinneringe; hy het stories omarm. Die ding met Boeta Bakkes was, hy het nooit iets sonder ’n rede gedoen nie.”
Copy and paste this URL into your WordPress site to embed
Copy and paste this code into your site to embed