Hoe Juffrou se woorde my lewe gered het: "Djy doenit’ie vi my nie, Troubles."

“Nog voor ek kon sê ‘Juffrou …’, druk sy die foon in my oor neer. Dis Juffrou. My Afrikaans-dosent. Anastasia de Vries, Anna of Stacey vir ander, maar vir my was sy altyd Juffrou. Sy vat nie nonsens nie. Ek het so pas haar kwartaaltoets misgeloop …”