Hoe die poppe dans

“Volg ’n mens die tydlyn sedert 1959, blyk dit duidelik dat Mattel weet hoe om die popkultuur (woordspeling bloot toevallig!) en eietydse ideologiese invloede in die leefwêreld van ’n pop te inkorporeer. Want poppe speel immers die heersende gedragspatrone, sosiale waardes en projeksies uit.”