Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman

“Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie.”