Het FW de Klerk "bloed aan sy hande"?

“Die Waarheid en Versoeningskommissie moes so ’n liggaam gewees het, maar dit het net ten dele die waarheid en min versoening gelewer. Ná De Klerk se getuienis voor die kommissie, het die voorsitter, aartsbiskop Desbond Tutu, sy teleurstelling uitgespreek dat De Klerk nie begrip gehad het vir die wreedheid van gruwels wat die veiligheidsmagte gepleeg het nie. Tutu het nie De Klerk se getuienis geglo dat hy nie van sulke vergrype geweet het nie.”