Herinneringe aan Johan van Wyk – nuwe beginne en ’n bestel begin stuiptrek

“Die volgende dag sak ek af in die matiger klimaat van Natal, my eindbestemming Manor Gardens in Durban, waar my nuwe kollega, Johan van Wyk, bly. Dis ’n lang kaalkopman met ’n baardjie wat my ontmoet, ’n bietjie skamerig, met sagte oë.”