Heil die Leser!: Waar laventel bloei

“Om persoonlike verlies openbaar te maak help lesers om hul eie gestorwe geliefdes en persoonlike trauma te onthou en sin te vind in ’n wêreld wat skielik kaler en kouer voel. Hierdie boeke getuig van kragtige herinnering: Jy is nie alleen nie. Die skryf oor rou is self ’n daad van liefde – en ’n manier om die geliefde se afwesigheid in woorde te laat voortleef.”