Heil die Leser!: Oor kortkuns, briewe en toesprake

“Toesprake is, vir die interessantheid, ook ’n literêre subgenre en beklee as sulks ’n unieke plek in die kanon van retoriek, redenaarskuns en letterkunde.” Nini Bennett-Moll skryf oor die kuns van kortkortverhale (Op die kantlyn deur Marnus Kok), briefromans (Hallo, Ma deur Chrisna Beuke-Muir) en toesprake (“Dames en here” deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp).