Heil die Leser! Die huwelik tussen woord en beeld: vier ekfrastiese bundels

“Die afgelope paar maande het daar ’n stewige oes digbundels met ’n ekfrastiese inslag verskyn … Vereenvoudigd dui ekfrasis op die digterlike gesprekvoering tussen die beeldende kuns en poësie. Digters skryf beeldgedigte na aanleiding van skilderye, foto’s, beeldhouwerke en ander visuele media.” Nini Bennett-Moll bespreek Stil gesprek, Vlindervreter, Digby en Gekaapste stad.