Heil die Leser! Bybelfiksie: van antieke aardbewings tot geurige salwings

“Die waarde van Bybelfiksie lê in sy vermoë om die verlede as ’n morele en geestelike landskap te ontsluit. Wanneer skrywers Bybelse figure of historiese tydperke herskep, doen hulle meer as om net die geskiedenis te laat herleef; hulle toon hoe geloof in konkrete omstandighede – oorlog, ballingskap en vervolging – gestalte kry. Die leser word nie bloot ’n toeskouer nie, maar genoop om empatie te ontwikkel met mense wie se keuses, twyfel en standvastigheid vandag nog relevant is.”