Graad 7: Wiskunde-werkopdrag 2 en memo, kwartaal 1

Is jy in graad 7 en besorg breuke jou hoofbrekens? Hier is ’n gratis werkopdrag en memo deur Wilhelm du Toit waaraan jy kan smul. Kort voor lank sal jy sien: die wêreld wemel van breuke – en Wiskunde raak so lekker soos om ’n snytjie uit die tert te sny en sommer elke som te verorber.