Goue lint, my storie begint: Van eko-stories tot eko-angs – die planeet in die kinderboek

“’n Kinderboek wat te sterk op vrees en verlies leun, wat die jong leser nalaat met die indruk dat die aarde reeds onomkeerbaar afstuur op ’n katastrofe, en dat daar niks is wat enigiemand – laat staan nog ’n kind – daaraan kan doen nie, loop die gevaar om dieselfde toestand te kweek wat dit veronderstel is om te voorkom. Dit is ’n fyn balans – die behoefte om ’n kind ekologies bewus te maak sonder om hulle te verskrik, terwyl jy steeds ’n indruk van erns wil laat.”